Marco & Thomas

Marco en Thomas groei vreeslik vinnig. En ek dink partykeer dat al ons familie in Suid-Afrika en Duitsland darem vreeslik uitmis waarop ons elke dag mag van geniet. Ek sal probeer om gereeld 'n paar fotos en verhaaltjies van my twee seuns hier te plaas.

zondag, juli 30, 2006

Dinnie en Peter kom kuier

Dinnie en Peter ons vorige agterbure van Schiedam het kom kuier. Marco en Thomas is alweer lekker bederf met speelgoed. Marco het 'n helikopter gekry en Thomas 'n sagte hondjie.

Die grootmense het lekker koek geƫet en koffie gedrink. Vir die kinders het ek spesiaal koekies gebak van bokbotter (geitenboter), maa Marco was baie meer geinteresseerd in die sjokoloadekoek.

Marco gaan mos nou deesdae alleen toilet toe, kompleet met die deur toe agter hom. Op 'n stadium het ek gedink dat hy nou darem maar baie lank wegbly! Hier is die resultaat: