Dit is warm
Dit is vreeslik warm in Holland! Elke dag meer as 30 grade en nooit 'n druppel reën nie. Marco en Thomas geniet die warm weer vreeslik baie. Ons gaan so gereeld as moontlik met hulle na die waterspeeltuin. 'n Heerlike speelplek vir klein kindertjies met vlak waterstrome, sandstrandjies, gras, speelaparate en ook 'n "foefie-slide". Marco was nou die dag vir die eerste keer alleen daarop! Groot oë, maar ontsettend baie geniet!
Thomas hou van modderkoekies bak en in die water stap (aan die handjies). Natuurlik is julle seker meer geinteresseerd in die fotos, so ek sal eers ophou skryf:

Thomas en Marco slaap met so min moontlik kleertjies, want die son bak tot 10 uur in die aand en teen middernag is dit gereeld nog byna 30 grade in die huis.
Marco dra nou byna nooit meer 'n doek niet, nog net wanneer hy gaan slaap in die middag en natuurlik in die nag, maar meestal bly hy dan ook droog. Marco speel graag speletjies soos wegkruipertjie (tel tot 10 en dan gaan soek), en ook dinge soos "ek sien iets wat jy nie sien nie en dit is oranje" Partykeer sê hy "ek sien iets wat jy nie sien nie en dit is die windmeul" ha-ha.
Thomas klap graag handjies en speel 'kiekeboe'. Hy dink ook al dat hy self kan eet, en kan woedend raak as hy nie die lepel mag vashou nie. Hy maak nog steeds geen aanstaltes om te loop nie, kruip is net die regte ding vir hom.
Tot volgende keer

1 Comments:
Dit lyk te lekker. Hier by ons in München net so warm maar ons kla nie. Die winter was mos ook lank genoeg en oor ongeveer 4 maande is hy alweer hier.
Geniet die somer en die swem!
Liefde
Oupa
Een reactie posten
<< Home