Marco & Thomas

Marco en Thomas groei vreeslik vinnig. En ek dink partykeer dat al ons familie in Suid-Afrika en Duitsland darem vreeslik uitmis waarop ons elke dag mag van geniet. Ek sal probeer om gereeld 'n paar fotos en verhaaltjies van my twee seuns hier te plaas.

dinsdag, juli 04, 2006

Marco 3 jaar oud


Marco is vandag 3 jaar oud. Ons (Monica & Kobus) is natuurlik vreeslik trots op hom!

Gisteraand het ons die woonkamer mooi versier met ballonne en vlaggies, en die presentjies klaar gesit. Dit was nogal moeilik om 'n hele fiets met geskenkpapier toe de draai!

Vanoggend het ons lekker ontbyt geëet en toe die geskenkie van ouma Emmie oopgemaak. Marco is mal oor die trekker en sleepwa, baie trots op sy eie klok vir sy muur. Vannaand toe hy gaan slaap het, het ons lekker uit die nuwe slaapstories boek gelees. Thomas is veral mal oor die "sounds book". Enige iets met knoppies!! En dan sit hy lekker op sy boude en dans op die musiek.




Vanoggend is Marco gewoon kleuterskool toe en daar was dit natuurlik ook groot fees. Hulle maak spesiaal vir hom 'n "feeshoed", hy mag kersies uitblaas en sakkies met lekkergoed uitdeel. Hier is 'n paar fotos:



Vanmiddag het ons die kinders vroeg gaan haal en toe lekker in die tuin gespeel en piekniek gehou. Met tente en dekens en swembadjies. Thomas en Marco het hulle gate uit geniet. En toe Kobus uiteindelik om die hoek kom met die groot toegedraaide present kon Marco sy oë nie glo nie. Dadelik al die papier afgehaal en toe probeer opklim. Maar toe dink hy: o-oh en trek net daar sy nat swembroek uit. Kan tog nie sy nuwe fiets laat nat word nie! Lekker kaalgat op sy nuwe fiets.

Ons het die fietsie al afgelope naweek gekoop, Marco was by want hy moes die fietsie toets. Dit sou darem sleg wees as ons met 'n fietsie by die huis aankom waarvoor hy nog te klein is. Gelukkig kon ons sy aandag weer vinnig aflei

Eers wou ons 'n driewiel koop, maar baie ander ouers het ons afgeraai en gesê dat 'n gewone fietsie (met sywielletjies) eintlik baie makliker trap vir die kleintjies. Dus, 3 jaar oud en nou al 'n groot fiets. Soos Marco vanmiddag gesê het: "Net soos mamma en pappa ry..."

Tot volgende keer, gaan nou eers slaap.

Hoop julle geniet die "blog".

1 Comments:

Anonymous Anoniem said...

Ek het nou net weer al die fotos gekyk, dis tog te lekker om so bietjie deel te wees van wat julle doen.Die kindertjies lyk almal so gelukkig!
liefde van Ma

10:23 a.m.  

Een reactie posten

<< Home